Tuisbladsy

Wie is ons

Affilieer by VVOS

Geaffilieerde skole

VVOS seminare

VVOS werkswinkels

Kleuterskool registrasie

Inligting vir ouers

Inligting vir versorgers

Terapeute

Nuusbrief

Foto-album

Beskikbare poste

Kontak ons

Lys van uitstallers

English


Hoe ontwikkel my lyfie in my eerste jaar?
Angelique Fouché

Baba het geskikte stimulering nodig om optimaal te ontwikkel.

Motoriese ontwikkeling

Baba lê vanaf geboorte tot maand 1, wanneer op sy magie geplaas word, opgekrul met handjies in vuisies, elmboë gebuig.  Bewegings is die eerste maand bestaan meestal uit reflekse. Die hele lyfie beweeg as geheel.

Daarna begin sy koppie draai, armpies swaai en beentjies afsonderlik skop. Na 3 en 4 maande ontdek baba sy handjies en beweeg handjies na die middel van sy lyfie – eerste poging tot middellynkruising.

Teen omtrent 5 tot 6 maande begin baba hom opdruk met albei armpies as hy op sy magie lê. Begin nou ook self bottel vashou.

Op 7 en 8 maande begin baba speeding van een hand na die ander verplaas. Wanneer begin sit, is handjies voor hom vir balans.

Teen 9 en 10 maande begin baba kruip. Dit is uiters belangrik, want elke liggaamsdeel werk nou afhanklik van die ander.

Vanaf 11 tot 12 maande begin baba teen meubels soos tafels loop. Beentjies werk mooi saam en baba begin stap.

Perseptuele ontwikkeling

Baba leer baie van alles om hom deur sy ogies in te span.

Hy staar na alles om hom. Baba is aanvanklik net bewus van- en staar stip na objekte om hom. Knip ogies as kamera flits. Daarna beweeg ogies wyer.  Baba begin sy eie handjies dophou en begin soek na voorwerpe om hom.

Gehoor en spraak gaan hand aan hand

Op 0 tot 3 maande skrik baba vir harde geluide en word gerusgestel deur bekende stemme.

Vanaf 3 tot 6 maande begin baba koppie in rigting van geluide draai, bv. klokkie wat lui.

Teen 7 tot 10 maande herken baba sy naam en verstaan eenvoudige woorde.

Vanaf 11 maande begin baba klanke naboots en wys na voorwerpe om hom. Begin reageer op eenvoudige vragies soos: “Waar is Pappa?”

Mens vergeet soms hoe belangrike reuk en smaak is in die ontdekking van die wêreld om ons.

Reuk en smaak begin reeds by 28 weke oue fetus ontwikkel, dus is baba se smaak- en reuksintuig reeds baie goed ontwikkel.

Baba se tassintuig is die eerste sintuig wat ontwikkel – selfs voor geboorte.

Pasgebore baba kan terperatuurveranderings, pyn en aanraking voel, maar sal nog nie kan onderskei waar dit op sy lyfie is nie. Namate baba ouer word en liggaamsbewustheid toeneem, sal hy presies voel waar hy aangeraak word. Aanraking is dus baie belangrik – fisies en intellektueel. Studies het getoon dat babas wat gereeld gemasseer word, nie baie huil nie en selfs beter slaap.

Raak baba dus gereeld aan en speel vingerspeletjies en aanrakingspeletjies. Gee ook vryheid van beweging.

Uit al die bogenoemde ontwikkelingsaspekte is dit baie belangrik dat enige babasorg instansie ‘n goed gebalanseerde ontwikkelingsprogram in plek het wat fokus op alle ontwikkelingsvlakke.

Dit is ook belangrik om te onthou dat elke baba teen sy eie unieke pas ontwikkel.

Aktiwiteite kan beplan word en toegepas word op elke baba se individuele ontwikkeling.

Voorbeelde van apparaat

Angelique Fouché



Webwerf deur Ontowebmedia en Inligtingsdienste