Beskikbare poste
Die VVOS ondersteun graag sy lede deur advertensies van beskikbare poste hier te plaas.
Stuur asseblief ‘n e-pos aan VVOS met die posbeskrywing, kwalifikasie vereistes en kontakbesonderhede.
Onthou asseblief om die kantoor te kontak sodra die geadverteerde pos gevul is sodat die advertensie verwyder kan word.
Vakante pos Kinnaland Kinderakademie, Mo
Het jy 'n passie vir die ontwikkeling van kleuters?
Is jy energiek?
Is jy Afrik'aans met Christelike waardes?
Werksure: 7uur - 2uur
Ouderdomsgroepe: 2jaar - Gr R
Vereiste: Jy moet besig wees om te swot (ECD Sertifikaat / Diploma);
Klaar gekwalifiseerd wees (Minimum vereiste - ECD/NQF level 4)
Stuur jou CV na yvettewessels@gmail.com
(VVOS verwysing: 31)
2 - 3jr klas, Elarduspark.
Pos onmiddellik beskikbaar. Onderwyseres vir 2-3 jr klas in Elarduspark, Pretoria. Voldagpos.
-Afrikaans en Engels ,agtig
-Liefde en passie vir kinders
-Moet in span kan saamwerk
-Eie vervoer
Stuur CV na kleinmensies600@gmail.com. Kontak Hennie by 083 290 1880
(VVOS verwysing: 30)
Kleuters 2 - 3 jaar Pretoria-Oos
ONDERWYSPOS BESKIKBAAR – JANUARIE 2024
Prinsies & Prinsessies Kleuterskool
Erasmuskloof Uitbr.3
Pretoria Oos
Groep: Kleuters (2-3 jaar)
Vereiste: Onderwysgraad in Vroeë Kinderontwikkeling
Werksure: 06h45 – 14h00 (2 dae per week) EN
06h45 – 17h30 (3 dae per week)
Salaris: Word bespreek tydens die onderhoud
Aanvangsdatum: 8 Januarie 2024
Versoek: Stuur asseblief u CV voor of op
31 Augustus 2023 na ppkleuterskool@gmail.com
(VVOS verwysing: 29)
Baba Groep - Pretoria Oos
ONDERWYSPOS BESKIKBAAR – JANUARIE 2024
Prinsies & Prinsessies Kleuterskool
Erasmuskloof Uitbr.3
Pretoria Oos
Groep: Babas (4 - 9 maande)
Vereiste: Onderwysgraad in Vroeë Kinderontwikkeling
Werksure: 06h45 – 14h00 (2 dae per week) EN
06h45 – 17h30 (3 dae per week)
Salaris: Word bespreek tydens die onderhoud
Aanvangsdatum: 8 Januarie 2024
Versoek: Stuur asseblief u CV voor of op
31 Augustus 2023 na ppkleuterskool@gmail.com
(VVOS verwysing: 28)
Woelbos Kleuterskool
Pos : Woelbos Kleuterskool
Ons is n Afrikaanse skool in die Waverley area, PTA
is op soek na 'n lewendige, geduldige en hardwerkende voorskoolse onderwyser en assistent om kinders voorskool op te voed, te versorg en te inspireer.
Verantwoordelikhede:
• Om kinders te onderrig, 'n gepaste vlak van ondersteuning en stimulasie te bied.
• Aanmoediging van sosiale interaksies tussen kinders en die verbetering van hul selfbeeld.
• Om betrokke te raak by kreatiewe leermetodes, soos fyn en grof motoriese vaardighede, spel onder toesig en storievertelling.
• Beplanning van omvattende kurrikulums om vroeë kinderontwikkelingsbehoeftes aan te spreek.
• Die verskaffing van aktiwiteite en geleenthede wat nuuskierigheid, verkenning en probleemoplossing aanmoedig wat geskik is vir die ontwikkelingsvlakke en leerstyle van kinders
• Monitering van vrye tyd op die speelgrond.
• Verseker dat die klaskamer 'n skoon, veilige en georganiseerde omgewing is.
• Voorbereiding vir lesse deur materiaal in te samel en werkstasies op te rig.
• Moet kan leiding neem
• Skryf en stel individuele assesserings van elke kind se ontwikkeling op; voltooi daaglikse inventarisse, kinderbywoning en verwante verslae
• Luister aandagtig na ouers se versoeke en bekommernisse en gee tydige terugvoer.
Noodsaaklike kriteria:
• Ervaring!! Dit wil sê : Het al vir lang tye by 'n kleuterskool gewerk. (Nie Aupair nie)
Sertifikaat in Vroeë Kinderontwikkeling sal as voordeel wees.
• Geduldige, deernisvolle houding, met 'n vriendelike, energieke geaardheid.
• Ervaring/aspirasie om met jong kinders in 'n klaskameromgewing te werk.
• Vermoë om op hul vlak met jong kinders te kommunikeer.
• Goeie bemiddeling en koesterende vermoëns.
• Bereidwilligheid om te leer.
• Kreatiewe ingesteldheid met 'n vermoë om onvergeetlike, buite-die-boks lesse te skep.
• Passie om jong geeste te vorm en te inspireer.
Wenslike kriteria:
Verkieslike ouderdom : 25 - 40 jr
Vroeë kinderopvoeding sertifikate of eerste hulp sal tot voordeel wees.
Bykomende inligting:
Indien u nie verdere kommunikasie van ons ontvang het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.
Stuur asseblief u CV en kwalifikasie na :
Kleuterskoolwerk5@gmail.com
Kyk gerus op die Engelse bladsy
http://www.aecyc.co.za/positions.shtml
(VVOS verwysing: 19)