Tuisbladsy

Wie is ons

Affilieer by VVOS

Geaffilieerde skole

VVOS seminare

VVOS werkswinkels

Kleuterskool registrasie

Inligting vir ouers

Inligting vir versorgers

Terapeute

Nuusbrief

Foto-album

Beskikbare poste

Kontak ons

Lys van uitstallers

English


Die higiëne van 'n sandput
Baba en Kleuter Maart 2012

Die Higiëne van ‘n Sandput

 

‘n Sandput kan vir ure se genot sorg, maar daar is n paar dinge oor higiëne wat jy moet weet voor jy een aanskaf.

  1. Maak seker die sandput het goeie dreinering, sodat dit so droog as moontlik bly.

As jou sandput lank vol water staan kan bakterieë en fungi daarin begin groei, of insekte kan dit as aanteelplek begin gebruik. As jou sandput nie goeie dreinering het nie, sal jy n bedekking moet kies wat die reënwater ook weg hou.

  1.  Bedek die sandput met iets soos hoenderdraad of skadunet om te keer dat diere dit in hul toilet verander.
  2. Sif en hark die sand gereeld- jy sal verbaas wees hoeveel goed daarin beland wat nie daar behoort nie. Dit hou ook die sand los en die vars lug is so goed soos ‘n ontsmetmiddel.  Gereelde blootstelling aan sonlig is ook goed.
  3. As n dier in die sandput ontlas het, kan jy die sand ontsmet met n bleikmiddel nadat jy die ontlasting verwyder het. Wees net bedag daarop dat sommige kinders allergies is daarvoor. Maak die bleikmiddel aan volgens die instruksies soos jy dit sou gebruik op n vuil vloer, en giet dit dan oor die sand.
  4. Voeg twee keer per maand sout by die sandput se sand. Dit hou slakke weg.
  5. Gebruik skoon sand in jou sandput. Dis by meeste groot speelgoedwinkels te koop, of vra by jou plaaslike bou werkverskaffer of hulle skoon sand het. Vervang die sand as dit vuil begin raak.
  6. Haal elke dag die sandputspeelgoed uit en sorg dat dit skoon bly.
  7. Jy kan suurlemoensap random die sandput sprinkel om die katte te ontmoedig , en n bietjie kookolie rondom spuit om kruipende insekte weg te hou.

 

Baba en Kleuter, Maart 2012



Webwerf deur Ontowebmedia en Inligtingsdienste