Tuisbladsy

Wie is ons

Affilieer by VVOS

Geaffilieerde skole

VVOS seminare

VVOS werkswinkels

Kleuterskool registrasie

Inligting vir ouers

Inligting vir versorgers

Terapeute

Nuusbrief

Foto-album

Beskikbare poste

Kontak ons

Lys van uitstallers

English


Mag baba eier eet of nie?
Sr Ida Bester

Eier: Is dit nog nodig om vir babas eier te gee voor hul 9 maande inenting? Wanneer behoort babas vir die eerste keer eier te eet? Hoe moet die eier voorberei word? Hoeveel en hoe gereeld mag baba daarna eier eet?

Wêreldwye navorsing en studies toon dat babas aan al die allergene, waarvan eiergeel en eierwit deel is, tussen 4 en 6 maande blootgestel word. Alle mammas eet koek tydens swangerskap waarin eier een van die bestanddele is, maw Baba word reeds in utero daarteen gedesensitiseer om nie allergies daarvoor te wees nie.

Hoe stel ons eier aan ‘n baba bekend?

‘n Goeie idee is om op 6 maande vir Baba vla saam met sy/haar gepureede vrugte te gee omdat dit eier bevat. Marie koekies bevat ook eier. Vanaf 7 maande kan vingertjies eierbrood (French toast) aan Baba gegee word omdat die selfvoer-konsep dan reeds begin. Roereiertjie kan ook vanaf 7 maande vir babas gegee word.

Is dit regtig nodig om vir babas eier te gee voor die nege maande masels immunisering?

Omdat babas reeds vanaf ses maande ontdekker-eters is en veronderstel is om van alles wat ouers eet te proe is dit regtig nie nodig nie. Die alergiese reaksie het bittermin voorgekom na die toediening van masel entstof mbt die eier preserveermiddel.

NB MASELS IS ‘N LEWENSBEDREIGENDE SIEKTE EN ALLE BABAS MOET OP 9 MAANDE ASOOK OP OP 15 MAANDE DEFINITIEF  DAARTEEN GEIMMUNISEER WORD( MMR - MASELS, DUITSE MASELS EN PAMPOENTJIES).

Sr Ida Bester: Boeps2babes/Babes2butterflies baba klinieke, Centurion



Webwerf deur Ontowebmedia en Inligtingsdienste