Stimuleer jou kind tuis
Karyna le Roux
Ons almal is besig en soms voel ons dat ons net nie by ons kinders uitkom nie: ons laai hulle vroeg by die skool af en vanaand is dit huiswerk, kosmaak en nog baie ander dinge wat moet gebeur. Hier is ‘n paar praktiese idees vir aktiwiteite vir julle om te verseker dat jou kind steeds gestimuleer word:
Balans:
- Laat jou kinders op lyne of die teëls se randjies loop. Maak dit moeiliker deurdat hulle op hul tone of agteruit moet loop.
- Staan op een been en tandeborsel (onthou om altwee bene ‘n beurt te gee).
- Laat hom sy klere op sy kop balanseer terwyl hy kamer/ badkamer toe loop.
- Staan op een been op ‘n baksteen of muurtjie (doen dit ook met toe oë).
- Sit ‘n boontjiesakkie, paar kouse of waslap ens. op jou kind se kop, laat hom/haar in die rondte draai sonder dat dit afval.
Ruimtelike oriëntering:
- Bou hindernisbane waar hulle moet deur, oor, om,ens.
- Leer verskillende liggaamsdele al van jongs af.
- Verskaf houers met verskillende volumes om mee te speel en te vul met water (dit werk lekker in die bad).
Verskillende posisies:
- Laat jou kind op sy maag lê, op sy knieë staan, op een knie staan, op eenbeentjie staan, op sy boude sit en hande viervoet staan.
- Laat die kind staan op een hand en een voet – eerste teenoorgestelde hand en voet, dan dieselfde kant.
Geheuespeletjie:
Noem ’n klomp liggaamsdele in ’n ry na mekaar, bv. nek, skouers, kuite, maag. Dan raak die kind sy liggaamsdele in volgorde. Begin eers met slegs twee liggaamsdele. Vermeerder die hoeveelheid wat hy moet onthou geleidelik. Jy sal dadelik agterkom waar dit vir hom/haar begin moeilik raak. Laat die kind die reeks hardop sê terwyl hy aan die liggaamsdele raak.
Spierkrag:
- Laat hullesoosverskillendediere loop: bobbejaan, krappie, beer, hasie, paddaens.
- Draemmertjiesvol sand of water rond (julle kanook resiesdaarmeehou).
- Hang aan‘n tou ofklimraam.
- Stootboetie/sussie in ‘n boks in die huis rond.
Fynmotories:
- Tel verskillendevoorwerpe op met wasgoedpennetjies.
- Kleurrys met voedselkleursel, gooi die kleuredeurmekaaren laatjou kind die kleuresorteer.
- Speel met klei of deeg.
- Kniplegkaarteuitoupapbokse, en laathulleditbou.
Hardloopspeletjies:
- Houresies met pop-stootwaentjies.
- Huppel in die gang af in plaasdaarvan om net te loop.
- Spuitdie kindersspeels nat met ‘n tuinslangendanmoethulleweghardloop.
Gooi-en-vang:
- Laat die kindersjou help met die wasgoed, hullemoet die kouse in bolletjiesrolendanprobeer om ditoor ‘n afstand in die mandjietegooi.
- Gee virhullepapier om in balletjiesterolendanna ‘n teikentegooi.
Hoop julle geniet die leervolle speeltyd!
Karyna le Roux, Kinderkinetikus, www.karynakinetika.com, 076 733 9349, karynakinetika@gmail.com