Tuisbladsy

Wie is ons

Affilieer by VVOS

Geaffilieerde skole

VVOS seminare

VVOS werkswinkels

Kleuterskool registrasie

Inligting vir ouers

Inligting vir versorgers

Terapeute

Nuusbrief

Foto-album

Beskikbare poste

Kontak ons

Lys van uitstallers

English


Groepsdruk
Wietske Boon

Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk baie subtiel sodat jy nie eers werklik daarvan bewus is nie!

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat ‘n positiewe invloed op jou gedrag het

Negatiewe groepsdruk

Negatiewe groepsdruk is enige gedrag wat deur maats afgedwing word en veroorsaak dat iemand sy maats se negatiewe gedrag of waardes naboots. Laasgenoemde sien ons al van kleins af by kinders. Heelwat ouers moes al aanhoor dat ‘almal’ ‘n sekere speelding besit en daarom wil en móét die kind dit ook kry. Dit geld ook vir klere met ‘n spesifieke etiket daarop, veral by tieners. Negatiewe groepsdruk is ook die programme waarna jou kind op televisie wil kyk, aangesien ‘almal’ daarna kyk, alhoewel jy weet dat dit nie ‘n goeie invloed op jou kind kan hê nie.

Groepsdruk is dus nie iets wat net sy verskyning maak wanneer jou kind in die hoërskool kom nie. Ouers begin meestal eers hul kinders waarsku teen groepsdruk wanneer maats en die portuurgroep se gedrag kommerwekkend word, byvoorbeeld wanneer die portuurgroep met alkohol of sigarette begin eksperimenteer of kru taal gebruik.

Begin reeds op ‘n vroeë ouderdom om jou kind voor te berei om teen groepsdruk op te staan. Hier is ‘n paar wenke om jou te help om jou kind te leer om nie daaraan toe te gee nie.

Positiewe groepsdruk

Net soos wat kinders mekaar negatief kan beïnvloed, kan hulle mekaar ook positief ondersteun. Aangesien kinders maklik beïnvloedbaar is, is dit belangrik dat ‘n kind maats het wat ‘n positiewe invloed uitoefen. Hier is ‘n paar voorbeelde waar groepsdruk positief kan wees.

As jy jou kind aan positiewe eerder as aan negatiewe groepsdruk wil blootstel, maak dan seker dat jou kind die regte maats het. Goeie vriendskappe is baie waardevol vir jou kind.

Wietske Boon, Spelterapeut, www.childtherapist.co.za, wietske@childtherapist.co.za



Webwerf deur Ontowebmedia en Inligtingsdienste