Sibbe Konflik
Wietske Boon
Konflik tussen boeties en sussies is ‘n normale en onafwendbare verskynsel wat in elke gesin voorkom. Miskien voel jy as ouer dat dit net jou kinders is wat baklei, maar dit kom in alle gesinne voor. Kinders kry die geleentheid om konflik binne ‘n veilige omgewing te hanteer en op te los deur middel van sibbe konflik. Hulle leer om hulself te verdedig en om standpunt in te neem.
Hoe help ek my kinders om konflik op te los?
- Skep geleentheid vir hulle om saam probleme op te los, byvoorbeeld om te besluit wat om op ‘n reënerige dag te doen.
- Leer hulle om mededeelsaam te wees en skep geleentheid daarvoor.
- Laat hulle speletjies soos ‘slangetjies en leertjies’ of ‘Ludo’ speel, dit leer kinders om beurte te maak en dit skep ‘n geleentheid om te wen en soms te verloor.
- Laat die kinders saam take uit te voer soos om die troeteldiere te versorg of die tafel te dek.
- Wanneer konflik ontstaan, fasiliteer die proses deur hulle te leer hoe om op te tree en wat om te sê in spesifieke situasies.
- Gebruik handpoppe om konflik situasies uit te beeld en effektief op te los.
- Ouers moet positiewe rolmodelle vir hul kinders wees en self ook konflik effektief oplos.
Wietske Boon, Spelterapeut, www.childtherapist.co.za; wietske@childtherapist.co.za