Mond higiëne
Natasha van Oudtshoorn
Met my kennis as ‘n mond higiënis was dit my eie ondervindings tuis wat my laat besef het dat alles nie so maklik is soos die boek aanbeveel nie, dus gee ek graag vir julle ‘n paar riglyne om gesonde tande by jou kleinding te verseker.
My algemene tydlyn en riglyn om kinders se tande te versorg strek van geboorte tot 7 jarige ouderdom. Laat my toe om te verduidelik.
4-24 Maande
- Sodra die eerste tand te voorskyn kom, borsel tande twee maal per dag met ‘n klein, sagte tandeborsel. Silikon tandeborsels is maklik om skoon te hou en werk sagkins op baba se tandvleis.
- Gebruik floried-vrye tande jel of lae floried tandepaste.
- Maak die eerste tandarts afspraak voor sy of haar eerste verjaarsdag.
2-3 Jaar
- Moedig jou kind aan om sy of haar eie tande te borsel (onder toesig tot ongeveer 6-7 jaar).
- Borsel twee maal per dag vir 2 minute.
- Leer jou kind om nie die tandepaste in te sluk nie en om klein hoeveelhede te gebruik.
- Neem jou kind elke 6 maande na die tandarts.
4-7 Jaar
- Borsel tande elke oggend en aand vir 2 minute.
- Begin flos sodra die permanente tande begin uitkom.
- Gebruik ‘n kindervriendelike floried tandepaste vir tand beskerming.
Riglyne en raad om tandeborsel tantrums hok te slaan
- Maak tande borsel ‘n interessante gebeurtenis deur ‘n kleurvolle tandeborsel te gebruik, of selfs een met ligte en geluide.
- Gebruik tandepaste waarvan jou kind hou, probeer verskillende tipes totdat julle iets kry waarvan hy of sy hou.
- Laat iemand anders help met die borsel sessie indien dit in ‘n bakleiery eindig (pappa of ‘n ouer boetie of sussie).
- Verander die omgewing deur byvoorbeeld buite te borsel, langs die tuindwergie of borsel in die kombuis.
- Rolle spel. Laat jou kind die tandarts wees en lê met jou kop op sy of haar skoot sodat jou tande geborsel kan word. Maak beurte om dit te doen.
- Skep bewusteid van tandversorging deur prenteboeke te lees oor tande borsel of deur ‘n plakaat te maak oor ‘n gesonde mond.
- Moenie opgee nie. Jou kind sal vinnig agterkom dat tandeborsel nie onderhandelbaar is nie.
- “Monkey See Monkey Do!” Wees ‘n voorbeeld en borsel saam met jou kind tande. Laat hulle leer deur te kyk hoe jy borsel en flos.
Ek hoop dat hierdie raad tande borsel ‘n bietjie makliker gaan maak.
Natasha van Oudtshoorn – Mond higiënis
Hierdie ‘Letter from a Mom’ word gebruik met die toestemming van Bumbles Cookery Club: www.bumblescookeryclub.co.za