Tuisbladsy

Wie is ons

Affilieer by VVOS

Geaffilieerde skole

VVOS seminare

VVOS werkswinkels

Kleuterskool registrasie

Inligting vir ouers

Inligting vir versorgers

Terapeute

Nuusbrief

Foto-album

Beskikbare poste

Kontak ons

Lys van uitstallers

English


Gesonde etgewoontes vir kleuters
Ora-Mari Olwagen

Kinders se behoefte aan hoë energie kosse is baie meer as volwassenes s’n.  Kleuters benodig ongeveer drie keer meer die hoeveelheid kalorieë per kilogram liggaamsgewig as volwassenes.  Hulle magies is ongeveer een derde die grootte van ‘n volwassense se maag. ‘n Kleuter se dieet behoort daarom kosse te bevat wat hoog in vet en lag in vesel is.  Probeer om drie gebalanseerde etes met drie voedsame happies deur die dag te voorsien. Sluit elke dag kos van die volgende groepe in:  stysel, vrugte en groente, suiwel en proteiene.

Styselkosse sluit in ontbytpap, brood, pasta, rys en aartappels. Hierdie kosse voorsien kalorieë, vesel, vitamines en minerale. Gee klein hoeveelhede vesels aangesien dit moeilik verteer en met die absorbering van sekere minerale soos yster en kalsium kan inmeng.

Vrugte en groente voorsien vitamines, minerale en vesel.  Baie kinders wil nie gekookte groente eet nie as gevolg van die tekstuur daarvan, probeer gerus rou wortelstokkies of selfs soetpatats!

Melk en suiwel voorsien proteien, vitamines en minerale. Kalsium is belangrik vir gesonde bene en tande en vitamine A help die liggaam om teen infeksies te baklei en is nodig vir gesonde vel en oë. Volroom koeimelk is gepas vir kinders van een jaar oud af. Gedeeltelik-afgeroomde melk is nie gepas vir kinders onder twee jaar oud nie en afgeroomde melk nie gepas vir kinders onder vyf jaar oud nie.

Proteien kosse soos vleis, eiers, vis en bone is ‘n vereiste vir elke ete en is belangrik vir groei en ontwikkeling. Vleis en vis bevat sink wat wond genesing bevorder en help met ander liggaamsprosesse.

Maak heel neute fyn om verstikking te voorkom – veral vir kinders jonger as drie jaar oud. Vermy swaardvis, haai en marlyn; hierdie vis produkte bevat hoë vlakke van kwik, wat ‘n kind se ontwikkelende senuweestelsel kan benadeel.  Jy het nie nodig om enige suiker of sout by ‘n kleuter se kos te voeg nie.  Kleuters behoort ses tot agt keer per dag iets uit ‘n beker of koppie te drink.  Vrugtesap  behoort verdun te word na een deel sap en tien dele water en word na ete aangebied.  Dit is beter om melk of water tussen etes aan te bied.  Moenie vir kleuters tee of koffie gee nie aangesien dit die absorbering van yster belemmer.

 

Ora-Mari Olwagen, Pediatric Dietitian, 0793406821,ora@absolutenutrition.co.za,

www.absolutenutrition.co.za



Webwerf deur Ontowebmedia en Inligtingsdienste