Tuisbladsy

Wie is ons

Affilieer by VVOS

Geaffilieerde skole

VVOS seminare

VVOS werkswinkels

Kleuterskool registrasie

Inligting vir ouers

Inligting vir versorgers

Terapeute

Nuusbrief

Foto-album

Beskikbare poste

Kontak ons

Lys van uitstallers

English


Kreatiewe Wiskunde maak jou slimmer
Nicolene du Preez

Het u geweet dat wiskunde deel vorm van probleemoplossing? Het u ook geweet dat probleemoplossing ʼn direkte verband hou met kreatiwiteit? Kreatiwiteit is die proses om ʼn probleem te identifiseer en dan op te los. Kreatiewe denke is nie net baie belangrik vir die jong kind nie, maar ook belangrik vir volwassenes. Daar is ʼn rede waarom die meeste skoolgereedheid- en intelligensie toetse die konsepte van ontbrekende dele, begrip, patroonvoltooiing, soek-die-ooreenkomste, getalprobleme en blokpatrone bevat. Hierdie toetsing van konsepte help om te bepaal hoe die leerder se kognitiewe ontwikkeling plaasgevind het.

Dink aan ʼn huis wat gebou word, vir die doel van hierdie artikel gaan ek verwys na ʼn wiskunde-huis. Die bogenoemde konsepte maak deel uit van die fondament van die wiskunde-huis. Hoe meer tyd aan die wiskunde-huis spandeer word hoe vinniger word die huis gebou. Onthou net dat as ʼn huis nie stewig gebou word nie, maar vinnig duik daar later probleme op. Soos wat die konsepte vasgelê word, kan onderwysers en kundiges bepaal hoe baie daarvan verstaan is. Dit kan deur verskillende metodes bepaal word soos bv. deur intelligensie- of skoolgereedheidstoetse soos vroeër verwys. Dit gee ons ʼn indikasie van hoe stewig die fondament is en hoe ver die bouproses al gevorder het.

Ouers kan hul kinders se brein wiskundig instel deur kreatief te dink en beter wiskundige fondamente bou in hulle alledaagse handel en wandel. Hier volg ʼn paar voorbeelde van hoe dit gedoen kan word:

 

 

 

 

 

Nicolene du Preez



Webwerf deur Ontowebmedia en Inligtingsdienste