Hardlywigheid. Meer Vesel, Hoe?
Ora-Mari Olwagen
Hardlywigheid is ‘n baie algemene probleem by jong kinders. ‘n Tekort aan, of te veel vesel kan hardlywigheid veroorsaak. By kleuters kan melk tot hardlywigheid lei omdat die dieet nie gebalanseerd is nie. Te veel melk kan ook jou kind se eetlus demp. In erge gevalle is medikasie nodig om die dermkanaal te ontledig. ‘n Klein verhoging in vesel-inname kan voldoende wees in jong kinders. Strategieë om kinders se gedrag te verander, is ook voordelig: aktief wees, gereelde toilet-gebruik en belongings vir gesond eet en vloeistof-inname.
Hardlywigheid kan veroorsaak word deur:
- Klein eetlus: eet te min om gereelde opelyf te bewerkstellig
- Ongereelde etes
- Te min/te veel vesel
- Te min vloeistof
- Newe-effek van sommige medikasie
- Skaam of bang om die toilet te gebruik
- Kombinasie van die bogenoemde
Hoë vesel-kos is laag in vet en kan baie vullend wees. Dit kan veroorsaak dat jonger kinders vinnig versadig voel vóór aan hul energie behoeftes voldoen is. Vesel veroorsaak ook dat essensiële nutriënte verlore gaan, daarom kan te veel vesel tot nutriënt tekorte lei. Voldoende vloeistof en nutriënt-digte kos moet ingesluit word in die gebalanseerde dieet.
Algemene aanbevelings (>2 jaar oud):
- VERHOOG ALTYD DIE VESEL-INNAME VAN VESEL GELEIDELIK.
- Brood: Volgraan, Best of Both, volgraanbeskuitjies.
- Ontbytgraan: Hoë vesel bv Weetbix, All Bran, Oatspap. Probeer vars/droë vrugte byvoeg. Probeer om nie ontbytgraan met bygevoegde suiker, sjokolade of heuning te koop nie.
- Vrugte: 2-3 porsies per dag. Los die skil aan. Vars, geblik en gedroog kan ingesluit word. Probeer tuisgemaakte vrugte-ysies.
- Groente: Verskeidenheid is belangrik. 2-3 porsies per dag. Hou skille aan waar moontlik. Probeer rou groente: wortelstokkies, seldery, rooi soetrissie, komkommer, baba-mielies, blomkool.
- Bone: Geblikte sousbone, botterbone, kekerertjies, lensies.
- Neute: Alle neute is hoog in vesel. Heel neute moet liefs nie vir kinders jonger as vyf jaar gegee word nie (risiko van verstikking). Gebruik fyn grondboontjiebotter/ander neutbotters.
- Kies meer kere volgraan produkte, bv.bruinrys, volgraan pasta/pitta/tortilla
- Bied klein, gereelde etes/peuselhappies aan.
- Maak seker genoeg vloeistof word ingeneem.Die beste drankies is water en melk. Onversoete vrugtesap (verdun) met etes (om tandbederf te voorkom).
Ora-Mari Olwagen; PediatricDietitian; 0793406821; ora@absolutenutrition.co.za;
www.absolutenutrition.co.za