Wenke vir wanneer julle dokter toe gaan
Wietske Boon
Om jou kind dokter toe te neem is nooit maklik nie. Hier is ‘n paar wenke om jou kinders voor te berei vir ‘n besoek aan die dokter.
1. Vertel hulle WAARHEEN julle gaan en WAAROM.
2. Vertel hulle wat die dokter gaan DOEN.
3. Laat hulle ‘n SPEELDING saam neem vir bekendheid en gemak.
4. Bly KALM; as jy angstig is gaan hulle ook ongemaklik raak.
5. BLY NABY jou kind. Indien moontlik laat hy/sy op jou skoot sit tydens die ondersoek.
6. Probeer hulle AANDAG AFLEI deur bv. voorwerpe in die spreekkamer te tel.
7. PRYS goeie gedrag.
8. As hulle MEDIESE SPEELGOED het laat hulle daarmee speel.
9. Moet NOOIT jou kind dreig met ‘n dokter of mediese prosedure as ‘n metode van straf nie.
Wietske Boon, Spelterapeut, www.childtherapist.co.za, wietske@childtherapist.co.za