Luistervaardighede
Alet de Jager
Met al die tegnologie tot ons beskikking, word kinders al hoe meer visueel gestimuleer en hoef hulle minder op hulle luistervaardighede staat te maak. Swak luistervaardighede beïnvloed 'n kind se aanleer van taal en klanke. Dit beïnvloed dus ook die kind se lees en spelling. Die volgende aktiwiteite help om luistervaardighede te ontwikkel:
- Lees elke aand vir jou kind 'n storie en vra dan vrae daaroor. Daar moet nie visuele leidrade by wees soos met 'n DVD nie.
- Speel 'Simon Says', waar jou kind moet luister vir spesifieke woorde voor hy 'n opdrag uitvoer.
- Vertel 'kettingstories'. Een persoon begin 'n storie vertel. Na 'n paar sinne, gaan die volgende persoon aan met die storie deur 'n stuk aan te las, en so gaan dit aan.
Alet de Jager, Spraakterapeut en Oudioloog
aletdejager@gmail.com, 083 611 0332