Tuisbladsy

Wie is ons

Affilieer by VVOS

Geaffilieerde skole

VVOS seminare

VVOS werkswinkels

Kleuterskool registrasie

Inligting vir ouers

Inligting vir versorgers

Terapeute

Nuusbrief

Foto-album

Beskikbare poste

Kontak ons

Lys van uitstallers

English


Disleksie
Ronita Engelbrecht

Volgens die Dyslexia Awareness konferensie wat deur die Mail & Guardian in September 2013 gehou is, word daar bevind dat  5 miljoen mense  in Suid- Afrika  aan disleksie ly. Dit beteken dat minstens een uit tien mense sukkel om te lees, skryf en spel. 

Wat is disleksie?

Disleksie is meer as net ‘n leesprobleem, want dit affekteer ook  wiskunde en konsentrasie vaardighede. ‘n Kind met disleksie kom mondelings as baie intelligent voor, maar sukkel om te lees of skryf (hulle sien ook die b verkeerdelik as ‘n  d aan en omgekeerd). In die klaskamer word hulle as lui of onintelligent  bestempel. Hulle hou daarvan om te dagdroom en sukkel met abstrakte konsepte soos tyd. ‘n Kind met disleksie vind dit uitdagend om tussen links en regs te onderskei.

Is daar enige goeie eienskappe van disleksie?

Ja! Die meeste individue met disleksie is baie kreatief, kunstig en kan maklik aan oplossings dink (‘n kenmerk wat ‘n entrepreneur benodig). Baie van hulle blink ook uit in sport of musiek.

Hoe kan ek my kind ondersteun?

Kinders met disleksie benodig ekstra hulp om te funksioneer op skool, veral wanneer hulle die alfabet leer. Individue wat aan disleksie ly dink in prentjies en sukkel om aan te pas by ‘n mondeling georiënteerde klas.

Die Davis Dyslexia Correction Program bied vir die kind die ondersteuning wat hy/sy benodig om te floreer in ‘n mondelinge omgewing.  Dit spreek nie die simptome van disleksie aan nie, maar fokus op die onderliggende probleem. Die kind se natuurlike kreatiewe talente word gebruik om die alfabet, leestekens en leesvermoë te verbeter sonder om op herhaling staat te maak.  Die program maak ook nie staat op die klanke van die alfabet of enige spesiale medikasie nie.

Die jong leerder program help kinders van die ouderdom van 5 jaar om hulle leesvaardighede te verbeter om te verseker dat hulle nie ‘n leerproblem ontwikkel wanner hulle met formele skool begin nie. Dit verseker ook dat hulle woordherkenning van die mees gevorderde is vir hulle ouderdomsgroep.

Hierdie programme kan slegs deur ‘n gelisensieerde fasiliteerder aan gebied word.

Waar kan ek meer inligting kry?

Vir ‘n gratis “online” disleksie toets of meer inligting oor die Davis Correction Program besoek gerus http://learn.familyzone.co.za/ of kontak Ronita by ronita@learn.familyzone.co.za



Webwerf deur Ontowebmedia en Inligtingsdienste