Tuisbladsy

Wie is ons

Affilieer by VVOS

Geaffilieerde skole

VVOS seminare

VVOS werkswinkels

Kleuterskool registrasie

Inligting vir ouers

Inligting vir versorgers

Terapeute

Nuusbrief

Foto-album

Beskikbare poste

Kontak ons

Lys van uitstallers

English


Ontbyt vir kinders
Ora-Marí Olwagen

Kinders wat ontbyt eet, het meer energie, neem aan meer fisiese aktiwiteite deel, konsentreer beter en eet oor die algemeen gesonder. Ontbyt gee jou kind se metabolisme ‘n hupstoot. Ontbyt help dus om ‘n gesonde liggaamsmassa te handhaaf. Sonder die korrekte ontbyt kan kinders meer geirriteerd, rusteloos en moeg wees. Dit is nie net belangrik om seker te maak jou kind nuttig ontbyt nie; dis net so belangrik om te kyk wat jou kind vir ontbyt eet. 

Kies ontbytgrane hoog in vesel en proteïen, met min bygevoegde suiker. Weet-Bix, Toddler Pronutro en Futurelife Kids is goeie voorbeelde. Ontbytgrane is ook verryk met vitamiene en minerale. Die melk saam met die ontbytgraan verskaf kalsium en proteïen.

Dit is nie elke oggend maklik om vir jou gesin ontbyt voor te sit nie. Vat-en-gaan alternatiewe is handig: individuele boksies pap wat droog geeet kan word, vars vrugte of jogurt. Selfs ‘n grondboontjiebotterbroodjie (sonder stroop) is ‘n vinnige alternatief. Pasop vir cereal bars en vrugte smoothies, dit bevat baie suiker en baie kilojoules. 

Probeer koolhidrate, vesel en proteïen by ontbyt insluit. Die koolhidrate verskaf onmiddellike energie aan die liggaam en die vesel help om jou kind vir langer versadig te hou. Só help voorkom jy dat jou kind ooreet. Vesel – saam met voldoende vloeistof inname - help ook om hardlywigheid te voorkom.

Ontbyt idees: volgraan pita broodjie gevul met roereier, ontbyt smoothie (melk/jogurt gemeng in ‘n klitser met ‘n handvol volgraankitspap), volgraan muffin, volgraan tortilla gevul met piesang of kaas, eierbrood, bagel met roomkaas en oatspap met kaneel. 

 

Ora-Marí Olwagen – Dieetkundige met spesiale belangestelling in Kindervoeding

Absolute Nutrition: Therapeutic Diets & Nutritional Education

079 340 6821, ora@absolutenutrition.co.za, www.absolutenutrition.co.za

 

 

 



Webwerf deur Ontowebmedia en Inligtingsdienste