Wanneer is my kind gereed om te leer lees?
Dr Lettie Horn
Dit is ‘n vraag wat dikwels by ouers opkom. Die Gr R kind BEHOORT NOG NIE te leer lees nie, maar sommige kinders begin tekens toon van belangstelling. Vir kinders om gereed te wees om met gemak te kan leer lees behoort hulle:
- Die taal waarin hulle gaan lees met gemak te PRAAT en te verstaan;
- Oor ‘n goeie WOORDESKAT te beskik en met gemak OPDRAGTE en instruksies te kan uitvoer;
- ‘n Natuurlike GEINTERESSEERDHEID in boeke en stories te toon m.a.w. dit moet nie by die kind afgedwing word nie. Op prente te kan konsentreer en die “prentstorie” te kan VERTEL;
- Oor die vermoë te beskik om bekende stories te kan vertel omdat hulle die inhoud kan ONTHOU;
- Bekende letters en woorde te kan HERKEN wat hulle elke dag sien. Daar moet ‘n natuurlike BEGEERTE vir woorde en letters wees;
- BEWUS te wees van geskrewe woord.
Dr Lettie Horn
Spesialis in: SpesialeOnderwys, Taalontwikkelingsvaardigheid, Musiekopvoedkundige,SensorieseProsesseringsprobleme, Disleksia, OutismeSpektrum, ADHD.
082 654 9233, www.veritas-akademie.co.za