Artikel 9: Algemene vergadering/seminaar

  • ’n Algemene vergadering/seminaar soos genoem in Artikel 8 (a) hierbo word twee keer per jaar gehou.
  • Kennisgewing in die verband word ‘n redelike tyd vooraf aan lede van die Vereniging en ander belangstellendes deurgegee.
  • Enige aantal belangstellende persone en instansies mag die algemene jvergadering/seminaar bywoon. Slegs geaffilieerde lede soos bepaal in Artikel 4(a) en Artikel 8 (a) sal egter stemreg hê.
  • Lede van die bestuur sal stemreg hê by ‘n algemene jaarvergadering/seminaar en in die geval van staking van stemme sal die voorsitter ‘n beslissende stem hê,
  • Erelede van die Vereniging soos genoem in Artikel 4 (c) mag die algemene vergadering/Seminaar bywoon, maar sal geen stemreg hê nie.
 


Tuisblad | Die VVOS | Lidmaatskap | Bestuur | Kongres | Finansies | Bestuurslede | Affiliasie | Seminare | Uitstallers | Kleuterklanke | Kontak ons
© Die Vereniging vir Voorskoolse Opvoeding en Sorg (VVOS) 2010

tuis die vvos