- die
gee van leiding en advies rakende die stigting, instandhouding
en beheer van voorskoolse sentra
- die
netwerk tussen voorskoolse sentra se personeel, besture
en ouers
- die
beskikbaarstelling van leiding en advies rakende die kurrikulum
van voorskoolse sentra
- voorligting
oor die bepaling van voorgestelde diensvoorwaardes en salarisskale
vir personeel werksaam in voorskoolse sentra
- die
bevordering van die formele-, nie-formele- en indiensopleiding
van persone wat betrokke is by die opvoeding en sorg van
kinders vanaf geboorte tot 9 jaar
- die
insameling en aanwending van fondse soos in Artikel 10 bepaal
- die
onderneem en behartiging van projekte en die uitgee van
publikasies soos goedgekeur deur die bestuur
- die
aanstel van personeel en besoldiging van personeel om die
administratiewe take van die Vereniging te behartig
- die
bevoegheid om roerende of onroerende eiendom vir die Vereniging
aan te koop of te verkry by wyse van skenkings, bemarkings
of op enige ander wyse; om sodanige eiendom te vervreem,
te beswaar by wyse van pand of verband of op enige ander
wyse, te verhuur, of op enige wyse daarmee te handel.
|