Artikel 5: Bestuur

  • Die Vereniging word beheer deur ‘n bestuur wat bestaan uit:
    • Elf (11) verkose lede wat gekies word uit die verteenwoordigers genoem in artikel 3 (a) naamlik:
      • Voorsitter
      • Ondervoorsitter
      • Sekretaris
      • Tesourier
      • Sewe (7) Addisionele lede
    • Twee (2) verteenwoordigende lede van enige ander organisasie wat deur die Bestuur aangewys kan word.
  • Die verkose lede in artikel 5 (a)(i) hierbo genoem dien as ‘n dagbestuur.
  • Die verkose lede in artikel 5 (a)(i) word elke twee jaar verkies by ‘n algemene vergadering/seminaar van die Vereniging soos bepaal in artikels hieronder. Die voorsitter en die elf (11) lede word gekies deur nominasie en geslote stembriewe. Die voorsitter en ander ampsdraers word deur die bestuur op die eerste bestuursvergadering aangewys.
  • Die bestuur het die bevoegdheid om bestuurslede by wyse van koöptering aan te stel.
    Skriftelike nominasie vir kooptering met motivering moet twee (2) weke voor die volgende bestuurvergadering by die VVOS kantoor ingedien word. Aanvaarding of besware moet die VVOS kantoor binne vyf (5) dae bereik na kennisgewing. Gekoopteerde nominant moet met korum aanvaar word.
  • Indien die voorsitter bedank voordat haar/sy termyn verstryk het, word ’n spesiale vergadering onder leiding van ondervoorsitter byeengeroep word, waartydens ‘n nuwe voorsitter gekies word.

 

 


 


Tuisblad | Die VVOS | Lidmaatskap | Bestuur | Kongres | Finansies | Bestuurslede | Affiliasie | Seminare | Uitstallers | Kleuterklanke | Kontak ons
© Die Vereniging vir Voorskoolse Opvoeding en Sorg (VVOS) 2011

tuis die vvos