Konstitusie
van:
Die Vereniging vir Voorskoolse Opvoeding en Sorg – Gestig
1942
|
|
Artikel
1: Naam
-
Die naam van die Vereniging is: Die Vereniging vir Voorskoolse
Opvoeding en Sorg – The Assocation for the Education
and Care of Young Children.
-
Die Vereniging is bevoeg om op te tree as eiser of verweerder
in enige hofgeding, of as ‘n party by die aangaan
van enige ooreenkoms en word daarin deur die bestuur van
die Vereniging en / of genomineerde (s) van die Bestuur
verteenwoordig.
-
Die Vereniging is werksaam in Suid-Afrika en Namibië.
|
Artikel
2: Doelstelling
Die doel en die strewe van die Vereniging is:
- om
die opvoeding en versorging van alle jong kinders vanaf
geboorte tot 9 jaar te bevorder
-
om die belangstelling van die owerheid, belanghebbende ouers,
kerke, organisasies, gemeenskappe en ander persone ten gunste
van die oprigting en instandhouding van voorskoolse sentra
te bevorder en te ondersteun
-
om by alle persone in 2 (b) hierbo genoem die dringendheid
van kwaliteitopvoeding en versorging vir kinders vanaf geboorte
tot 9 jaar tuis te bring deur voorligting en opvoeding
-
om aktief betrokke te wees by handhawing en verbetering
van die onderrigpraktyk aan jong kinders
|
Artikel
3: Taalbeleid
Die aanbiedings en korrespondensie van die Vereniging gekied
in Afrikaans en Engels.
|