Artikel 4: Lidmaatskap

  • Lidmaatskap van die Vereniging leen hom tot;
    • Alle preprimêre en primêre skole;
    • Voldagversorgingsoorde vir jong kinders;
    • Lede van besture of beheerrade van skole en sentra;
    • Professionele onderwysers en ander nie-formeel-opgeleide personeel;
    • Speelgroepe, dagmoeders asook belangstellende ouers,
    • Verenigings wat enige van die bogenoemde groepe verteenwoordig;
    • Personeel van onderwysdepartemente, pre-tersiêre en tersiêre opleidingsinstansies,
    • Streeksverengings wat enige of almal van die reeds genoemde groepe verteenwoordig; met die verstande dat elke lid hierbo genoem, slegs op die voorregte van lidmaatskap mag aanspraak maak na affiliasie.
  • Erelidmaatskap mag aan enige persoon, instansie of organisasie toegeken word op aanbeveling van die bestuur van die Vereniging en na goedkeuring op ‘n algemene vergadering/seminaar van die Vereniging.

 

 


Tuisblad | Die VVOS | Lidmaatskap | Bestuur | Kongres | Finansies | Bestuurslede | Affiliasie | Seminare | Uitstallers | Kleuterklanke | Kontak ons
© Die Vereniging vir Voorskoolse Opvoeding en Sorg (VVOS) 2010

tuis die vvos