Artikel 11: Aanspreeklikheid van lede

Die bates van die Vereniging op enige tydstip dien as sekuriteit vir enige laste van die Vereniging op daardie tydstip, en die aanspreeklikheid van lede of die bestuur vir die laste van die Vereniging word beperk tot enige bedrae wat daardie lede of bestuurslid aan die Vereniging verskuldig mag wees.

 

Artikel 11: Ontbinding

By die ontbinding van die Vereniging gaan enige surplusfondse nadat die laste van die Vereniging afgelos is, of na die liggaam wat die Vereniging opvolg in sy werksaamhede, of na ‘n soorgelyke liggaam, of dit word verdeel onder die lede van die Vereniging.

 

Artikel 12: Wysigings

Hierdie konstitusie kan slegs gewysig word na behoorlike kennisgewing deur ‘n meerderheid van stemme van alle bestuurslede verteenwoordig op ‘n behoorlike gekonstitueerde vergadering van die bestuur, gevolg deur goedkeuring op ‘n Algemene vergadering/seminaar van die Vereniging.

 

 


 


Tuisblad | Die VVOS | Lidmaatskap | Bestuur | Kongres | Finansies | Bestuurslede | Affiliasie | Seminare | Uitstallers | Kleuterklanke | Kontak ons
© Die Vereniging vir Voorskoolse Opvoeding en Sorg (VVOS) 2011

tuis die vvos