Artikel
10: Finansies
-
Vir die vereffening van administratiewe koste van die Vereniging
en bestuur, vir die finansiering van goedkeurde projekte
en vir die opbou van ‘n reserwefonds, is die bestuur
bevoeg om ‘n bedrag jaargeld ten opsigte van affiliasie
van elke lid te hef. Die bedrag word deur die bestuur bepaal.
-
Fondse van die Vereniging verkry ingevolge paragraaf (a)
hierbo of op enige ander wyse, kan deur die bestuur aangewend
word vir die verwesenliking van die doelstellings van die
Vereniging soos wat die bestuur mag goeddink.
-
Fondse van die Vereniging verkry ingevolge paragraaf (a)
hierbo of op enige ander wyse, en wat nie onmiddellik vir
die doeleindes van die Vereniging benodig word nie, kan
deur die bestuur belê word na goedkeuring deur die
bestuurslede teen sekuriteit van verband oor vaste eiendom,
of op enige ander wyse, soos die bestuur mag goeddink. Eweneens
mag die bestuur geld leen teen sekuriteit van verband oor
die Vereniging se vaste eiendom, na goedkeuring deur die
bestuurslede.
- ‘n
Behoorlik geouditeerde finansiële staat sal jaarliks
voor die algemene vergadering/Seminaar voorgelê word.
- ‘n
Begroting van verwagte inkomstes en uitgawes vir die volgende
jaar moet jaarliks tydens die November bestuursvergaderig
voorgelê en deur die bestuur goedgekeur word.
|