|
Die VVOS (Vereniging vir Voorskoolse Opvoeding
en Sorg)
Die doel en strewe van die Vereniging is om die opvoeding
en versorging van alle jong kinders vanaf geboorte tot 9 jaar
te bevorder. Hulle is aktief betrokke by die indiensopleiding
van onderwyseresse en reël gereeld seminare en werkswinkels
om die onderrigpraktyk aan jong kinders te bevorder.
|